book-icon Uitgawe Februarie 2018

So maak jy ’n vaasstaander

akkreditasie
Francois Oberholster
Verras jou Valentyn met blomme in ’n vaasstaander wat jy self gemaak het.

Wat jy nodig het

  • 22 mm x 95 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: twee 600 mm-lengtes twee 195 mm-lengtes
  • 6 mm x 40 mmspaanderbordskroewe
  • Alcolin Cold Glue
  • Alcolin Woodfiller
  • 120-grint-skuurpapier
  • 6 vase of bottels

1 Boor ses eweredig gespasieerde 32 mm-gate deur een van die 600 mm-planke.

2 Gebruik Alcolin Cold Glue en lym en skroef die twee 195 mm-planke tussen die ente van die twee 600 mm-planke vas. Vul die skroefgate met Alcolin Woodfiller, laat dit goed droog word en skuur deeglik.

3 Plaas die bottels in die staander met  hul nekke deur die gate. (Steek die staander weg tot die 14de en gaan koop dan daai blomme ...)

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees