
Wat jy nodig het
- sement-keistene
- Woodoc 45 Tile and Cement Sealer Clear Matt
- Woodoc Colours in Knysna Green, Sweet Grass, Opal, Summer Storm en Brights Green
- menghouers
- roerspane
- verfkwaste
Só maak jy
1 Gooi sowat 100 ml van die Woodoc 45 Tile and Cement Sealer Clear Matt in die menghouers. Voeg een van die Woodoc Colours by elke houer en roer tot goed gemeng.
2 Maak seker jou keistene is skoon en stofvry. Verf nou die stene in die kleure wat jy in stap 1 gemeng het. Laat hulle droog word en wend daarna ’n tweede laag aan.
3 Die onderkante van die keistene moet ook verseël word – dit kan met kleurlose Woodoc 45 Tile and Cement Sealer gedoen word indien verkies.
4 Pak die keistene in vierkante van nege stene elk in verskillende kleure.