
WAT JY NODIG HET
• Alcolin Contact Adhesive
• Alcolin Acrylic Sealant
• Formica (dis te kry in ’n verskeidenheid kleure)
• maatband
• aanwender
• aluminium-hoekstrook
• maskeerband
Voor
1 Meet jou kas se voetstuk en saag die nodige Formica-panele daarvolgens met jou figuursaag uit (of vra dat die bordverskaffer waar jy joune koop, dit klaar saag).
2 Smeer Alcolin Contact Adhesive met ’n getande aanwender aan die agterkant van die Formica en ook aan die kombuiskas se voetstuk. Laat dit droog word tot jy met jou vingerpunte daaraan kan raak sonder dat dit smeer – enigiets van 15 tot 40 minute, afhangende van die temperatuur.
3 Plaas die Formica-paneel versigtig in posisie en druk dit vas teen die kas. Herhaal die proses soos nodig. Die Formica het ’n beskermende plastieklaag –trek dit af sodra die panele netjies sit. Rond die hoeke af met ’n aluminium-hoekstrook wat in die regte lengte gesaag is. Gebruik Alcolin Acrylic Sealant om dit mee vas te sit.
Wenk Hou die hoekstrook in posisie met maskeerband totdat die Acrylic Sealant goed droog is.