
Kunswerk deur Conrad Botes; rusbank van Sofacompany; kussings van H&M Home; verf van Duram
Voor: Ons het ’n kas van ’n vorige projek opgekikker met ’n splinternuwe baadjie!
Wat jy nodig het
• ou kas
• dennehoutplank (22 x 144 x 1 800 mm)
• houtlym
• 3 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe
• houtvuller
• universele onderlaag
• Duram NuGlo in die kleure Orange Kloof en Darling White
• rottangmat
• wit hegband
GEREEDSKAP
• koordlose boor
• plat skroewedraaier
• tang
• liniaal
• winkelhaak
• figuursaag
• G-klampe
• potlood
• verfkwas
• lap
• skêr
• kramgeweer
Harde werk 2/10
Vaardigheidsvlak 2/10
Tyd nodig 1 dag
Doen dit self vir ± R1 060: rottangmat R660, verf R400
So maak jy...
1 Haal die kas se deure af en verwyder die handvatsels.
2 Ons het die lap van ons kas se deure afgehaal met ’n plat skroewedraaier en ’n tang.
3 Meet die binneste breedte van die deurraam en merk dieselfde mate op die dennehoutplank.
4 Trek ’n diagonale lyn oor die plankdeel wat jy in stap 3 gemerk het om twee identiese driehoeke te vorm.
5 Saag die twee driehoeke uit met ’n figuursaag. Herhaal stap 3 en 4 vir nog twee driehoeke. (Jy het vier nodig.)
6 Boor gidsgate in die hoeke van die vier driehoeke.
7 Wend gom aan en skroef die driehoeke vas.
8 Vul alle skroefgate en gleuwe met houtvuller. Wag tot die houtvuller droog is en vee dan enige oortollige vuller af met ’n klam lap.
9 Verf die kas en deure aan die buitekant met onderlaag en laat dit droog word.
10 Sodra die onderlaag droog is, kan jy die kas verf met twee lae Darling White en die deure met twee lae Orange Kloof; laat die verf droog word tussen lae.
11 Sny die rottangmat sodat dit aan al vier sye sowat 2,5 cm groter as die openinge is.
12 Kram die rottangmat vas; trek dit styf terwyl jy werk. Plak hegband oor die mat se rande om dit netjies te hou.
13 Sit weer die handvatsels aan die deure en skroef die deure weer aan die kas vas.