
Video Francois Oberhoster
Wat jy nodig het
- nege terracotta-potte
- drie 5mm x 1m-skroefstawe (threaded rod)
- agtien 5mm-boute
- agtien metaalwasters 6 x 32 x 1,5mm
- drie 5mm-spanmoere langneus-skroewedraaier
- skuifmoersleutel
So maak jy
1. Draai die oogskroewe uit die spanmoere en draai die stawe daarin.
2. Heg die drie terracottapotte aan die elke staaf vas op verskillende hoogtes. Gebruik ’n bout, dan ’n wasser, dan die potjie, weer ’n wasser en laastens nog ’n bout. Maak die bout binne-in die pot met die skroewedraaier vas en draai die een onder die pot met die moersleutel styf.
3. Hang die stawe in posisie en plant dan jou plantjies in die potte.