
PROMOSIE
Produksie en foto’s Shelly Bergh
WAT JY NODIG HET
• lakverdunner
• vleisdoek
• kwaste
• skêr
• 250 ml Tjhoko Paint Simply Siphiwe
• 250 ml Tjhoko Paint Super Sonette
• Tjhoko Paint Line Bouquet découpage-papier (400 x 300 mm)
• Tjhoko Paint Clear Glaze
• 100-grint-skuurpapier
VOOR JY BEGIN
Maak die liasseerkas skoon met die lakverdunner en vleisdoek; laat dit droog word (minstens 20 minute). Die buitekant van die kas is geverf met twee lae Simply Siphiwe en die laaivoorkante met twee lae Super Sonette (laat 40 minute droogtyd toe tussen lae).
BEREI DIE LAAIE VOOR
Die kante van die laaie gaan met Tjhoko Paint se nuwe reeks découpage-papier versier word. Maak eers die kante skoon met lakverdunner en vleisdoek. Laat dit droog word (minstens 20 minute). Verf dan die laaie se buitekante met twee lae Super Sonette (laat 40 minute droogtyd toe tussen lae).
NOU KAN JY DÉCOUPAGE
Sny die découpage-papier volgens maat en plaas dit in posisie op die kant van die laai. Druk vas en verf bo-oor met onverdunde Tjhoko Paint Clear Glaze en ’n skoon kwas. Stryk enige kreukels plat met jou vinger. Laat droog word (minstens 1 uur). As die rande onnet is, maak hulle netjies met 100-grint-skuurpapier.
Vir nog inspirasie, besoek youtube.com/tjhokopaint, instagram.com/tjhokopaint of sluit aan by die Facebook-groep Tjhoko Creations.