
1 MUUR
Die muur is geverf in Tjhoko Inspired Wall Colours in die kleur Lebo’s Light. Laat dié PVA-verf, spesiaal gemeng in Tjhoko Paint-kleure, goed droog wordná aanwending (minstens 4 uur).
2 KROONLYS
Vir dié subtiel dog treffende wastegniek is dun strepe Tjhoko Paint horisontaal in onderskeidelik Martin’s Move, Pholoso en Cloud White onder die kroonlys aangeverf met ’n 38 mm-Hamilton’s Ensign-kwas (begin bo met Martin’s Move, daarna ’n streep Pholoso en dan die Cloud White). Hou ’n spuitbottel met water gereed en bespuit die verf terwyl dit nog nat is met ’n fyn sproei water sodat die verf trane maak en teen die muur begin afloop. Gebruik ’n klam lap en meng die verf onder die kroonlys subtiel ineen totdat jy die verlangde voorkoms het – gebruik meer water indien nodig. Doen dié wastegniek in klein dele op ’n slag, want die verf teen die muur moet nat wees, anders sal die mengtegniek nie goed werk nie.
3 KOPSTUK
Monteer herwinde plafonborde van metaal op MDF-bord en verwyder enige ou verf met ’n goeie verfverwyderaar. Wend nou petroleumjellie hier en daar op die plafonborde aan met ’n ou verfkwas. Verf die plafonborde met Tjhoko Paint Lebo’s Light, ook bo-oor die dele met petroleumjellie; gebruik ’n 50 mm-Hamilton’s Fibre Brush; laat 40 minute lank droog word. Skuur die dele waar die petroleumjellie aangewend is liggies met 80-grint-skuurpapier; dit sal die ou plafonborde ontbloot vir ’n lieflike vintage-gevoel. Laat goed droog word (minstens 40 minute). Herhaal die proses, dié keer met Tjhoko Paint Da’vid. Seëlaar is onnodig.
Soek jy inspirasie? Kyk dan Doodgewone Jo Woensdae om 17:30 op VIA (kanaal 147 op DStv), sluit aan by die Tjhoko Creations-groep op Facebook, of kry video’s by youtube.com/tjhokopaint.
Bestel die spesiale uitgawe TJHOKO – Ons Kleure, Ons Stories, Ons Mense met talle selfdoenprojekte by tjhokopaint.co.za. Vir jou naaste handelaar, besoek tjhokopaint.co.za.