
Foto’s Chrystal de Witt
YSKAS
Geverf in Tjhoko Paint Matt Black met ’n 110 mm-sponsroller, agterna verseël met Tjhoko Paint se Clear Glaze.
Jy hoef nie die yskas vooraf te skuur nie, maar was die oppervlak goed af met lakverdunner, en gee dit minstens 20-40 minute kans om droog te word.
KOMBUISKASTE
Dié kaste, van melamien, is met ’n 110 mm-sponsroller geverf in Tjhoko Paint Maestro. (Vir groot, plat oppervlakke kan jy ’n 225 mm-bokhaarroller gebruik.)
’n Tjhoko Paint Clear Glaze-beskermlaag is agterna met ’n klam mikrovesellappie aangewend om die oppervlak meer vlek- en waterbestand te maak.
FOKUSMUUR
Dié stensilpatroon is ’n apploustrekker en dui ook die skeiding aan tussen die woonarea en kombuis. Dis gedoen met ’n Tjhoko Paint-stensil (patroon 2020- 90x60-3) en Tjhoko Paint se Stencil of Paris.
Laasgenoemde is gekleur met titsels Tjhoko Paint Matt Black en Tjhoko Paint Don’s Wash. Die stensil is in posisie gehou met maskeerband en die gekleurde Stencil of Paris is egalig bo-oor die stensil- patroon gesmeer met ’n 5 cm-verfskraper. Wenk Verwyder die stensil dadelik nadat die Stencil of Paris aangewend is. Maak die stensil skoon in water en herhaal die patroon totdat jy tevrede is.
SPATVLAK
Tjhoko Paint se vinielplakkers is op die spat-area in die kombuis aangebring.
Wenk Ons het twee 5 mm-MDF- borde nommerpas gesny en bo die kombuiskaste vasgesit.
Die borde is geverf in Tjhoko Paint Da’vid en vier uur later met twee lae onverdunde Tjhoko Paint Clear Glaze verseël. Ná 48 uur het ons die plakkers daarop geplak. Werk altyd op ’n gelyk oppervlak en sny plakkers met ’n matmes of skêr indien nodig.
METAALKAS
Gespuitverf met effens verdunde Tjhoko Paint Matt Black in die verhouding 1 deel water : 9 dele verf. ’n 500W- elektriese verfspuit is vir die projek gebruik.
STOELTJIES
Die patrone is aangebring met maskeerband en die Tjhoko Paint-kleure Lebo’s Light (room), Cement Grey (liggrys), Sherif’s Stone (donkergrys), Goodness (liggroen) en Maestro (donkergroen).
FOKUSMUUR
Rofweg gepleister met Tjhoko Paint se Stencil of Paris wat met Tjhoko Paint se Vinia Stone, Maestro en Olivia’s Pale gekleur is.
STROOIKUSSINGS
Tjhoko Paint kan ook op natuurlike weefstowwe gebruik word. Twee stensils is vir die kussings gebruik: patroon 2021-45-6 en patroon 2021-45-9.
Gee die verf minstens 40 minute kans om droog te word, stryk die materiaal aan die agterkant en was wanneer nodig in koue water (liefs met die hand).