Deel

’n Spatplaat vir jou kombuis

akkreditasie
Marlene Kruger van Inspired Interiors maak ’n treffende spatpaneel met krytverf – en baie liefde en geduld.

Foto’s Francois Oberholster
Stilering Marian van Wyk 

PROJEKGIDS
  • Harde werk 8/10
  • Vaardigheidsvlak 6/10
  • Tyd nodig 4 dae (onthou elke teël is ’n unieke klein kunswerk)
  • Klaar grootte ±900 (b) x 1300mm (h)

    Projeknotas 

  • Pas die grootte van jou spatpaneel by die grootte van jou stoof aan.
  • Vra jou houtverskaffer om die hout vir jou te saag.
  • Laat jou glasverskaffer ’n gat in elke hoek van die paneel maak.
  • Onthou om kontak- kleefmiddel altyd op albei oppervlakke aan te wend
    

Wat jy nodig het

Inkopielys 

  • Krytverf in die kleur van jou keuse
  • verguldpasta
  • verfbare plakpapier met ’n reliëfpatroon 
  • 6 mm- versterkte glas (1300 x 925mm)
  • kontakkleefmiddel
  • hardebord (1300 x 925 mm)
  • 6mm-MDF, gesaag in 117 blokkies van 100 x 100mm
  • Mod Podge
  • 13mm-kwartronde
  • vier 6mm x 70mm-spoorskroewe
  • kleurlose seëlaar 

Gereedskap 

  • kwaste
  • potlood
  • maatband
  • skuurpapier
  • handwerkmes
  • tekendriehoek
  • boor
  • handbag (vir kwartronde)

1. Sny die plakpapier in blokkies van 100 x 100 mm (dieselfde grootte as jou MDF-blokkies).

2. Verf die agterkant van die plakpapier en die voorkant van elke houtblokkie met Mod Podge. Vee enige oortollige Mod Podge goed af en plak die papier op die blokkies. 

3. Besluit watter kleure jy wil gebruik en verf elke blokkie. Ons het 4 kleure gekies: Antique, Duck Egg, Fern en Mist. Laat die verf goed droog word. Sorg dat daar nie te veel verf by die kante afloop nie, anders sal jy dit eers moet wegskuur sodat al die blokkies netjies teen mekaar kan pas. 

4. Verf nou die verguldpasta met jou vinger op die plakpapier om die reliëfpatroon definisie te gee.

5. Maak ’n raam wat op die sye van die hardebord-rugkant pas deur die kwartronde in die regte lengtes te saag, met 90 °-hoeke. Plak dit dan vas met die kontakkleefmiddel.

6. Pak eers al jou blokkies uit en rangskik dit sodat die kleure goed gebalanseer is. Begin dan bo in die hoek van die rugkant en plak al die blokkies daarop vas.

7. Wag minstens twee uur tot al die gom goed droog is en seël dan die hele voorkant van die teëlpaneel met ’n goeie kleurlose seëlaar – ons het Stoneseal van Sabre Paints gebruik.

8. Merk en boor gate vir die skroewe waarmee jy die paneel teen die muur gaan vassit. Sorg dat dit presies met die gate in die glaspaneel ooreenstem. 

9. Wanneer jy die teëlpaneel en die glas opsit, gaan jy ’n ekstra paar hande nodig hê – dis swaar! Boor gate in die muur en stroef dan albei gelyk vas. 

Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees