book-icon Uitgawe Verf Dit 2017

Naweekprojek: Verf ’n deur met trefkrag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wenk: Vir ’n speelse element het
ons die rand van die deur geverf in die kleur Lemon Chiffon 1.
Wenk: Vir ’n speelse element het ons die rand van die deur geverf in die kleur Lemon Chiffon 1.
’n Leksel verf kan ’n eenvoudige deur (of ingang) omtower in iets bekoorliks wat telkens hartlik welkom sê!

PROJEK #1

Kyk boontoe

Deur Shelly Bergh | Foto Francois Oberholster

Dié deur was reeds geverf met Dulux Waterbased Pearlglo in die kleur White. Die sjevronstrepe in die gesonke panele voeg ’n tikkie visuele trefkrag by.

So maak jy ...

1. Meet en merk die sjevronpatroon op die deur met ’n potlood en liniaal.

2. Gebruik verwersmaskeerband om die sjevrons af te baken.

3. Verf die sjevrons in Quartz Flint 2; wend twee lae aan en laat die verf tussen lae goed droog word. Wag tot die tweede laag droog is voor jy die maskeerband aftrek.

PROJEK #2

Hang aan ’n knop

Deur Lizel Cloete | Assistent Ciskia Hanekom | Stilering Carin Smith and Lynnae Enders | Foto's Ed O’Riley

So maak jy ...

1. Boor die nodige gate vir die deurknoppe, skuur enige verf wat afskilfer af en was die deur met suikerseep.

2. Wend ’n onderlaag aan as die deur nie reeds geverf is nie en verf dit dan in die kleur van jou keuse.

3. Wag tot die verf droog is en skroef die dekoratiewe deurknoppe aan. Nou het jy die perfekte hangplek vir al jou krale, serpe en juweliersware.

PROJEK #3

’n Stylvolle ‘spieëltafel’

Deur Lizel Cloete | Assistente Ciskia Hanekom en Jamie Glanville | Foto Ed O’Riley

So maak jy ...

1. Dié mooi ou deur het ’n rakkie en spieëls bygekry – en daarmee saam nuwe nut as spieëltafel. Meet die panele presies en laat sny jou spieëls sowat 5 mm kleiner om seker te maak hulle pas goed.

2. Om die “rame” rondom die spieëls te skep, het ons maskeerband al om die rand van die panele geplak en toe die gesonke dele swart geverf. Laat die verf heeltemal droog word voor jy die maskeerband aftrek; plak dan die spieëls ten die deur vas met alkant-plakband vir spieëls.

As jy wil...
 Skroef ekstra hake onder die rakkie sodat jy juweliersware of serpe daaraan kan hang.

PROJEK #4

Marokkaanse bekoring

Deur Shelly Bergh | Foto Francois Oberholster

So maak jy ...

1. Laai die patroon af by tuis.co.za. Dit bestaan uit verskeie A4-blaaie; as jy al die blaaie uitdruk en met kleefband aan mekaar las, sal jy ’n patroon hê wat rondom ’n standaard-deur pas. Knip die patroon uit voor jy die blaaie teen die muur plak.

2. Plak die patroon bo die ingang vas met Prestik en trek die buitelyne op die muur af met ’n potlood.

3. Gebruik ’n waterpas en verleng die sye tot teen die vloerlys. Baken die reguit lyne af met blou verwersmaskeerband.

4. Wend twee lae PVA-verf aan en laat dit goed droog word tussen lae. Wag tot die tweede laag droog is voor jy die maskeerband aftrek.

* Krale, lanterns en skinkbord van Woolworths 

PROJEK #5

Netjies afgerond

Versier ’n standaard-holkerndeur met aantreklike profiele. Daar is verskeie ontwerpe te kry in verskeie materiale – van poliuretaan tot hout.

WAT JY NODIG HET

INKOPIELYS

  • profiele
  • dekoratiewe hoeke (opsioneel)
  • emaljeverf van jou keuse
  • houtlym
  • houtvuller

GEREEDSKAP

  • verstekboks en saag
  • verfrollers en kwaste
  • skuurpapier
  • maatband
  • lang liniaal

So maak jy ...

1. Besluit presies waar jy die profiele wil posisioneer en merk dit (ons s’n is 100mm vandie rande af). Die´ profiele het spesiale dekoratiewe hoeke wat eerste geplak moes word. Meet dan die afstand tussen die boonste en onderste merke en die twee merke aan die linker- en regterkant, en skryf dit neer – jy gaan jou profiele daarvolgens in die regte lengte saag.

2. Merk jou saagplek op die pro ele en saag die vier stukke met ’n handsaag in ’n verstekboks teen ’n hoek van 45 grade sodat dit netjies tussen die dekoratiewe hoeke pas.

3. Verf lym aan die agterkant van die profiele en plak dit in posisie vas. Druk dit oor die hele lengte aan die deuroppervlak vas en maak seker die hoeke is haaks. Laat die lym droog word.

4. Vul enige gleufies tussen die deuroppervlak en profiele met houtvuller, laat dit droog word en skuur glad voordat jy die deur verf in die kleur van jou keuse. 

Wenk Hou die profiele met stukkies maskeerband in posisie tot die gom droog is.

LET WEL
Wend ’n universele onderlaag soos Dulux Supergrip aan as die deur nie voorheen geverf was nie en verf dit dan met die emaljeverf. Op soek na profiele? Kyk hier: suprememouldings.co.za mouldings.co.za rusticbling.co.za is-creatif.co.za

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees