Verf ’n kopstuk in roomyskleure

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
Met Woodoc Colours en Woodoc Water-Borne FLOOR kan jy enige saai ruimte opkikker. Hoekom nie ’n kinderkamer ’n bietjie ekstra oemf gee met dié speelse kopstuk nie?

Wat jy nodig het

• drie dennehoutplanke van 12 mm x 96 mm x 1,8 m 

• een dennehoutplank van 22 mm x 69 mm x 1,8 m 

• maatband

• potlood

• figuursaag

• Woodoc Water-Borne FLOOR Matt White

• Woodoc Colours: Pink, Orange, Yellow, Green, Opal, Blue en Full Moon

• houers om in te meng

• plankies om mee te meng

• verfkwaste

• boor met 3 mm-houtboorpunt

• skroewedraaier

• 3,5 x 30 mm-spaanderbordskroewe

Saag al die hout in 900 mm-lengtes; jy moet ses planke van 12 x 96 x 900 mm en twee van 22 x 69 x 900 mm hê.

2 Meng elk van die Woodoc Colours met ’n bietjie Woodoc Water-Borne FLOOR Matt White; gebruik sowat 50 ml Water-Borne FLOOR met ’n paar druppels Colours. As jy die Colours deurgemeng het en dit lyk te helder, kan jy ’n bietjie Full Moon inroer om daardie perfekte roomyskleur te kry.

3 Pak die ses 12 x 96 x 900 mm-planke op jou werkvlak uit. Verf elk in ’n verskillende kleur (wend drie lae aan). Laat dit tussen lae droog word en skuur dit liggies af met fyn skuurpapier ná die eerste en tweede laag. Moenie ná die laaste laag skuur nie.

Wag tot die laaste laag droog is, draai die planke om en pak dit knus teen mekaar; maak seker almal lê gelyk. Meet en merk 120 mm van die kante af. Skroef die oorblywende twee planke vas op die merke wat jy gemaak het om die pote te maak.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees