
- 15 ml - kitskoffiepoeier
- - gerasperde skil en sap van ’n halwe lemoen
- 150 ml - water
- 100 g - arboriorys
- 450 ml - melk
- 1 - vanieljepeul, oopgesny en die saadjies uitgeskraap
- 125 ml (100 g) - suiker
- 30 ml - botter
- 125 ml - room
- - grof gekapte sjokolade
1 Verhit die koffiepoeier, lemoensap en water in ’n kastrolletjie tot kookpunt. Verwyder dit van die hitte, gooi die rys by en laat dit vir 5 minute week.
2 Verhit intussen die melk, vanieljesaadjies en die vanieljepeul tot net onder kookpunt. Laat dit vir ’n paar minute trek en verwyder dan die vanieljepeul.
3 Sit die kastrol met die rys terug op die plaat en roer die melk geleidelik by terwyl jy dit aanhoudend roer totdat die rys al dente is.
4 Roer die suiker, lemoenskil, botter en room by en hou aan roer totdat alles gemeng en deurwarm is. Verwyder die risotto van die plaat, strooi die gekapte sjokolade oor en sit dit voor.