1. Maak seker die toerusting wat jou resep vereis,pas gemaklik in jou lugbraaier se mandjie voor jy begin kos maak. Jy hoef nie spesiale artikels te koop nie; enige oondvaste silikoon- en keramiekware, kleefvrye bakpanne, Pyrex, emalje en selfs sekere gietysterpotte kan gebruik word.
2. Gebruik olie spaarsamig om te keer dat kos aanbrand, vir geur en ’n mooi bruin kleur. Kos wat van nature ’n bietjie vet bevat, soos wors of frikkadelle, het nie ekstra olie nodig nie. Wanneer jy ’n beslag of iets met meel en krummels gaarmaak, spuit of verf die mandjie en kos liggies met olyf-, avokado- of groenteolie. Belê in ’n olyfolie-spuitbottel of gebruik ’n kwassie.
3. Vir goeie resultate moet die lugbraaier se mandjie nie oorlaai word nie. Moet dit nooit meer as twee derdes volmaak nie. Dis raadsaam om kos in sarsies en in ’n enkellaag gaar te maak sodat die lug kan sirkuleer.