
- 1 pakkie (80g) - aarbeijellie
- 8 - aarbeie, dungesny
- 180 ml - ingedampte melk, yskoud
- - ’n hand vol skuimpies
- 125 ml - room
- - ekstra bessies vir die mooi
1 Meet die helfte van die jellie af in ’n mengbak en los dit op in 100 ml kookwater. Roer dan 100 ml yswater by en giet dit saam met die aarbeie in ’n mooi glashouer. Laat stol in die yskas.
2 Los die res van die jellie in 80 ml kookwater op. Klits nou met ’n ballonklitser die ingedampte melk by tot die mengsel lekker skuimerig is. Haal die gestolde jellie uit die yskas. Breek sowat die helfte van die skuimpies bo-op die jellielaag en skep dan die skuimpoeding bo-op. Van die skuimpies sal boontoe dryf en ’n heerlike tekstuur gee. Sit weer in die yskas tot gestol.
3 Sit dit voor Klits die room styf en skep bo-op. Versier met die res van die skuimpies en ekstra bessies.
Pst! ’n Lang houer lyk baie mooi en is perfek vir twee verliefdes om met lang lepels daarin weg te lê. Kies ’n effens vlakker glasbak vir ’n groep van vier om die opskep te vergemaklik.