book-icon Uitgawe Mei 2018

Aartappelgebak met uiebolaag

akkreditasie
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 1 uur
Bestanddele
  • sowat 16 - ansjovissies in olie, in die lengte deurgesny
  • 30 ml - olyfolie
  • 2 - uie, geskil en deurgesny
  • 800 g - Mediterreense aartappels, geskil
  • 4 - takkies tiemie, blaartjies gestroop
  • sowat 100 g - kalamata-olywe, ontpit en in skyfies gesny
  • 250 ml - dubbelroom
  • 3 - knoffelhuisies, in skyfies gesny
Metode
Geniet dié ryk en lekker aartappelgebak net so, saam met gebakte eiers vir ’n luukse ontbyt of as bygereg by ’n gesellige braai. Moenie skrik vir die ansjovis nie – die soutsmaak kontrasteer heerlik met die soet karameluie.

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit die olie en braai die uie, knoffel en tiemie saam tot glansend. Roer gereeld; dit is belangrik dat die uie eers versag voor dit begin karamelliseer. Braai nou nog ’n rukkie totdat die uie begin verkleur. Verwyder van die hitte.

2. Rasper die aartappels grof. Vou dit dan toe in ’n vadoek en druk al die vog uit. Sit die aartappels in ’n mengbak en meng met die room, sout en peper.

3. Smeer nou ’n oondbak met ’n bietjie van die ansjovis-olie uit die botteltjie. Skep die aartappelmengsel daarin en druk vas met ’n lepel. Versprei die uie eweredig bo-op. Rangskik die ansjovissies in ’n kruispatroon en sprinkel die olywe oor. Bak vir 45 minute of tot die aartappels sag en die bolaag bruin is. Sit warm voor.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees