Amandelsoentjies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 40 koekies
Gaarmaaktyd: 15–20 minute
Bestanddele
  • 250 g - botter
  • 65 g (125 ml) - versiersuiker, plus ekstra vir rol
  • 200 g (500 ml) - amandelmeel
  • 10 ml - yswater
  • 5 ml - elk suurlemoensap en gerasperde suurlemoenskil
  • 2 - takkies suurlemoentiemie
  • 280 g (500 ml) - koekmeel
  • 10 ml - bakpoeier
Metode
Dié koekies smelt in die mond!

1 Klits die botter en suiker saam tot romerig en lig van kleur. Roer die amandelmeel, water, suurlemoensap en -skil, asook die tiemie, by.

2 Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng dit ook by die deeg tot glad. Voorverhit die oond tot 160 °C.

3 Rol die deeg in happiegroot balletjies en pak op gesmeerde bakplate. (Jy kan ook bakpapier inspan om te keer dat die koekies vassit.) Druk die balletjies effens platter met ’n vurk.

4 Bak nou die koekies vir 15–20 minute of tot gaar (die koekies moet liefs nie bruin verkleur nie). Rol versigtig in die ekstra versiersuiker terwyl hul nog warm is en laat afkoel. Bêre in lugdigte houers.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees