
- 10 ml - bakpoeier
- 125 g - botter by kamertemperatuur
- - knippie sout
- 60 ml - gesmelte appelkooskonfyt
- 3 - eiers
- 100g (125ml) - ligbruinsuiker
- 280g (500ml) - meel, plus ekstra vir vorm
- 15 ml - anyssaad
Oondtemperatuur: 180°C
1. Voorverhit die oond. Sif die droë bestanddele saam. Klits die botter, suiker en konfyt saam tot lig en donsig; klits die eiers een vir een by. Roer nou die droë bestanddele en die anys by die bottermengsel en meng tot ’n sagte, hanteerbare deeg. Keer dit uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot glad. Vorm die deeg in ’n platterige rol en sit dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
2. Bak die rol vir sowat 25–35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie.
3. Sny die afgekoelde biscotti met ’n riffelmes in dun skyfies en pak die skyfies op bakplate. Bak nou vir sowat 8 minute aan elke kant. Die biscotti kan effens bruin word, maar jy wil dit eerder uitdroog as rooster. Laat weer heeltemal afkoel en bêre in lugdigte houers.