Avokado-en-salmpasta

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ed O'Riley
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • - tagliatelle-pasta
  • 15 ml - olyfolie
  • 1 - vinkelbol, gekap
  • 1 - bossie sprietuie, gekap
  • 400 g - gerookte salm- of forelrepies
  • - vinkelblaartjies as garnering
  • - SOUS
  • 1 - suurlemoen, middeldeur gesny
  • 1 - groot ryp avokado, gehalveer en ontpit
  • 80 ml - dubbelroomjogurt
Metode
Kyk uit by jou plaaslike supermark of deli vir pakkies gerookte salm- of forelflentertjies. Dis goedkoper as die perfekte linte en in dié gereg sal dit geen verskil maak nie.

1. Kook die pasta in soutwater tot al dente. Verhit intussen die olyfolie in ’n pan en braai die vinkel en sprietuie tot gaar en geurig. Meng die salm by en hou eenkant.

2. Verhit ’n riffelpan en braai die suurlemoen, gesnyde kant eerste, tot warm en gerooster. Dit verbeter die geur en maak dit makliker om die sap uit te druk. Skep die vlees uit die avokado, meng dit met die jogurt en geur na smaak met die warm suurlemoensap, sout en swartpeper (gebruik ’n staafmenger vir ’n gladde tekstuur).

3. Sodra die pasta reg is, meng dadelik die salmroerbraai en avokadosous daardeur. Garneer met fyn vinkelblaartjies en sit dadelik voor terwyl dit warm is. 

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees