Beesbredie met stampmielies-en-boontjies

akkreditasie
Winter is nie winter sonder bredie nie!


Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 3 uur en 20 minute

Bestanddele

• 30 ml olie

• 2 uie

• 2 wortels

• 2 selderystingels

• 1 kg beesskenkel, in 2 cm-stukke gesaag

• 60 ml meel

• 4 takkies elk tiemie en origanum

• 250 ml rooiwyn

• 250 ml beesaftreksel

• 1 blik gekapte tamaties

• gekapte pietersielie en gerasperde suurlemoenskil na smaak

So maak jy 

1 Verhit die oond tot 150 °C. Braai die groente stadig in die olie tot glansend – sowat 5 minute. Skep dit in ’n oondbak met ’n styfpassende deksel.

2 Rol die vleis in die meel en vlakbraai dit in dieselfde pan tot lekker bruin; voeg ekstra olie by indien nodig. Skep dit by die groente in die oondbak en voeg die tiemie en origanum by.

3 Gooi die orige meel, wyn, aftreksel en tamaties in dieselfde pan, klits goed en kook oor hoë hitte vir ’n paar minute. Skep dit ook in die oondbak en sit dit in die oond vir 3 uur. Geur na smaak met sout, peper, pietersielie en suurlemoenskil. Sit voor met stampmielies-en-boontjies.

Stampmielies-en-boontjies

• 1,5 liter water

• 250 ml stampmielies, oornag in water geweek

• 250 ml gedroogde klein, wit boontjies, oornag in water geweek

• 30 ml botter

• sout en peper

Bring die water tot kookpunt en voeg die stampmielies en boontjies by. Bedek en laat prut stadig vir 1 uur. Toets of dit gaar is, en kook vir nog sowat 30 minute, indien nodig, tot sag, maar nie pap nie. Roer die botter, sout en peper by.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees