book-icon Uitgawe Julie 2022

Beesfilet met romerige sampioensous

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 4-6
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • 1 kg - SPAR Steak Co.-filet
  • 15 ml - SPAR- ekstrasuiwer olyfolie
  • 5 ml - SPAR Tender and Tasty Steak & Chops-speserye 
  • - SAMPIOENSOUS
  • 30 ml - SPAR-botter
  • 15 ml - SPAR- ekstrasuiwer olyfolie
  • 400 g - SPAR Freshline-sampioene, gesny
  • ½ - klein wit ui, fyngekap
  • 2 - takkies SPAR Freshline-tiemie
  • 2 - knoffelhuisies, gekap
  • 10 ml - SPAR-Dijonmosterd
  • 25 ml - beesvleisaftreksel gemaak met SPAR Beef Flavour-aftrekselblokkies 
  • 250 ml - SPAR-room 
  • - gerasperde suurlemoenskil
  • 15 ml - gekapte SPAR Freshline-pietersielie
Metode
Bederf jou mense met rypgemaakte filet in dienbord-styl met romerige sampioensous en geroosterde wintergroente – danksy SPAR Freshline!

Filetsteak is sag met ’n subtiele geur en, as jy dit reg gaarmaak, ’n sappige genot soos min! Rooster SPAR Freshline Mediterranean Veg Selection en Washed Potatoes daarby vir ’n volledige fees.

1 Maak seker jou vleis is by kamertemperatuur voor jy dit gaarmaak; die hitte sal die vleis dan meer eweredig binnedring. Vryf die filet met olyfolie en geur met die speserye. 

2 Smelt die botter en olyfolie saam en braai die sampioene. Moenie dadelik roer nie; laat die sampioene eers kleur kry. As jy te gou roer, raak hulle nie mooi goudbruin nie. Voeg die ui, tiemie, knoffel en mosterd by en braai nog ’n minuut of twee. Voeg die aftreksel by en laat kook vir 5 minute. Voeg die room by, draai die hitte na baie laag en laat prut tot die sous verdik het. Geur met suurlemoenskil en vars kruie. Hou die sous warm. 

3 Verhit ’n swaarboom- of gietysterpan tot baie warm voor jy die steak daarin sit – dit help om die sappe binne-in te seël en verseker ’n heerlik gekaramelliseerde kors. Braai tot die vleis aan die een kant gekaramelliseer het, draai en braai verder tot goudbruin oraloor. Gaarmaaktyd hang af van jou voorkeur, maar met vleis van hierdie gehalte is dit die beste om dit effens rou voor te sit (2-3 minute aan ’n kant vir tussen rou en halfgaar). Laat rus die vleis 5-8 minute voor jy dit met die sampioensous en groente voorsit. 

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees