
- 1,5 kg - beesstertstukke (meer vleis as been)
- 80 ml - meel
- 30 ml - vleisspeserymengsel (bv. komyn, koljander, borrie en swartpeper)
- 60 ml - olie
- 2 - groot wortels, geskil en gesny
- 3 - stingels seldery, gekap
- - sowat 12 piekeluitjies, geskil
- 1 - rooi brandrissie, gekap
- 4 - knoffelhuisies, gekap
- 250 ml - rooiwyn
- 1 - bouquet garni*
- 125 ml - lemoensap
- 1 - blik tamatiepuree
- 1 - reep lemoenskil
- 500 ml - goeie aftreksel
- 1 - stuk steranys
- - STAMPMIELIES
- 500 ml - stampmielies, gespoel en oornag in skoon water geweek
- 1 - liter kookwater
- 1 - liter melk
- 15 ml - botter
- 5 ml - gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
Oondtemperatuur: 160°C
1 Voorverhit die oond. Rol die beesstert- stukke in die meel en vleisspeserye. Verhit die helfte van die olie in ’n groot oondvaste kastrol en braai die eerste sarsie vleis goed bruin. Neem jou tyd om seker te maak die vleis karamelliseer oraloor en moenie die kastrol te vol maak nie, anders stoom die vleis pleks van te braai. Skep uit en hou eenkant; herhaal met die res van die vleis. Vul die olie aan soos nodig.
2 Braai dan die wortels, seldery, uitjies, brandrissie en knoffel saam in dieselfde kastrol. Voeg die wyn by en kook driftig vir ’n paar minute. Skep die vleis terug in die pot saam met die res van die bestanddele, sit die deksel op en sit in die oond vir sowat 3 uur. Moenie loer nie.
3 Dreineer intussen die stampmielies, sit dit saam met die kookwater en melk in ’n groot pot en bring tot kookpunt. Draai die hitte af en laat prut vir sowat 90 minute of tot romerig en gaar. Roer af en toe en maak seker dit kook nie droog voordat die stampmielies na wense gaar is nie. Die korrels moet nog byt hê soos al dente pasta, maar beslis nie knars nie. Roer die botter en sitrusskil, asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak deur.
4 Ná 3 uur in die oond behoort die vleis smeltsag te wees en die sous weelderig. Geur na smaak met sout en peper, oordeel of die sous dik genoeg na jou sin is en sit voor met stampmielies of jou gunsteling- stysel. Dit smaak nog beter as die vleis stadig in die oond kan afkoel en eers die volgende dag voorgesit word.
’n Bouquet garni is ’n bossie vars kruie soos lourierblare, pietersielie en tiemietakkies wat in ’n bossie gebind of saam met ’n paar peperkorrels in ’n moeseliensakkie by stowegeregte en soppe gevoeg word vir geur.Bind vir dié robuuste bredie gerus ’n takkieroosmaryn en ’n paar stingels origanum by jou mengsel.