book-icon Uitgawe April 2018

Beet-en-sjokoladekoek

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 35 minute
Porsies: 1 dubbellaagkoek
Gaarmaaktyd: 45 minute
Bestanddele
  • 30 g - (80 ml) kakao
  • 15 ml - kersielikeur of brandewyn
  • 300 g - gaar beet (sowat 3 mediumgroot bete)
  • 250 g - (300 ml) ligbruinsuiker
  • 250 g - crème fraîche
  • - VERSIERSEL
  • 60 ml - room
  • 65 g - (125 ml) versiersuiker
  • - bessies en gesmelte donkersjokolade
  • 100 g - donkersjokolade, gekap
  • 10 ml - bakpoeier
  • 4 - ekstragroot eiers
  • 200 ml - ekstrasuiwer kanola-olie
  • 200 g - (500 ml) amandelmeel
Metode
Dié glutenvrye koek is ryk en heerlik – perfek vir die avontuurlustige sjokolis. Die tekstuur is klam en die kersielikeur, swartbessies en kersies maak dit ’n pragtige kamma-Swartwoudkoek. Ons resep is geïnspireer deur die sjokolade-enbeetkoek van The Nutrition Guru and the Chef (thenutritionguruandthechef.com).

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer twee 23 cmkoekpanne uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei.

2. Gebruik ’n staafmenger en maak die beet saam met die olie fyn; hou die puree eenkant. Smelt die sjokolade versigtig tot glad en laat effens afkoel. Sif die amandelmeel, kakao en bakpoeier saam.

3. Klits die eiers, suiker en likeur saam tot donsig en lig van kleur. Voeg die beet, sjokolade en droë bestanddele by en vou alles versigtig saam tot net gemeng. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir sowat 45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat in die panne afkoel.

4. Vir die versiersel Klits die crème fraîche, room en versiersuiker saam. Smeer die helfte oor die eerste koek. Plaas die tweede koek bo-op en versier met die res van die versiersel, bessies en sjokolade.

Pst! Ons het die resep verdubbel vir die vierlaag-stapel op die foto.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees