
- 100 ml - pampoensaad
- 100 ml - sonneblomsaad
- 1 bossie - radyse, baie goed gewas en blaartjies kort geknip
- 100 ml - gedroogde bosbessies
- - parmesaanskaafsels
- 125 ml - suiker
- twee hande vol - roket of baba-slaaiblare
- 8–12 - ryp pers vye, oopgeskeur
- 60 ml - olyfolie
- 125 ml - kookwater
- 6–8 - mediumgroot bete, geskil en in wiggies gesny
- 125 ml - balsemiekasyn
1 Kook die beet in die suiker, asyn en water tot die beet sag en stroperig is. Laat heeltemal afkoel. Geur met sout en swartpeper.
2 Verhit die helfte van die olyfolie en rooster die sade stadig tot hulle begin oppof. Verwyder van die hitte en geur met growwe sout. Laat afkoel.
3 Meng die radyse met die orige olyfolie en geur met sout en peper. Rooster vir ’n paar minute onder ’n warm roosterelement – dit gee die radyse ’n heerlike tekstuur.
4 Om saam te stel, rangskik die beet, radyse en vye tussen die blare en strooi dan die bosbessies, sade en parmesaankaas oor. Sit voor met olyfolie en ekstra balsemiekasyn.