
- 15 ml - kakao
- 125 ml - donkersjokoladesplinters
- knippie - sout
- 15 ml - klapperolie
- 15–30 ml - bruinsuiker
- 45 ml - melk
- 15 ml - grondboontjiebotter
- 45 ml - bruismeel
Skep die droë bestanddele in ’n koffiebeker en roer tot gemeng. Voeg die melk, olie en grondboontjiebotter by en roer tot alles bymekaarkom. Mikrogolf vir 2 minute op hoog. Laat die koek dan vir ’n minuut afkoel in die toe mikrogolfoond. Versier nou na hartelus en geniet net so uit die beker. Ons het ’n skep room, malvalekker-ore vir die hasie-beker en karamelspringmielies bygevoeg.
LW Baktye kan effens wissel na gelang van die sterkte van jou mikrogolfoond.