Bessie-ham-en-spanspekslaai met kruiepesto

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4, as voorgereg
Gaarmaaktyd: geen
Bestanddele
  • 100 g - Swartwoudham-sky es
  • 8 - aarbeie, gehalveer
  • 16 - spanspekballetjies
  • 150 g - bocconcini-mozzarellaballetjies
  • - ’n paar moerbeie of brame
  • - ’n strooisel vars basilie
  • 3 - radyse, fyngesny
  • - PESTO
  • 60 ml - elk vars ment, koljander en basilie
  • 3 - sprietuie, gekap
  • 30 ml - gerasperde parmesaan
  • 45 ml - gekapte geroosterde amandels
  • 15 ml - witwynasyn
  • 5 ml - heuning
  • 150 ml - olyfolie
Metode
Spanspek en ham is ’n klassieke kombinasie. Voeg mozzarella, pesto en aarbeie by en jy het ’n lieflike vars, koel voorgereg.

1 Vir die kruiepesto Maak die kruie, sprietuie, parmesaan, neute, asyn en heuning saam fyn in ’n voedselverwerker. Voeg die olie in ’n dun straal by en verwerk tot ’n loperige pesto. Geur na smaak met sout en peper.

2 Sny die ham in die lengte in repe en draai dit om die aarbeie en spanspek- balletjies. Skeur die mozzarella kleiner en meng met genoeg kruiepesto na jou smaak. Rangskik nou al die bestanddele op ’n mooi bord en sit voor met ekstra kruiepesto.

Wenk As daar pesto oorbly, bedek dit met ’n lagie olyfolie en bêre vir tot ’n week in die yskas. 

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees