
- 2 - eiers, geskei
- 30 ml - suiker
- 200 g - ricotta
- 125 ml - melk
- 1 - suurlemoen se gerasperde skil
- 5 - basilieblare, fyngekap
- 5 - mentblare, fyngekap
- 90 g (160 ml) - bruismeel, gesif
- 250 ml - bloubessies of brame
- - olyfolie vir vlakbraai
- - heuning vir voorsit
1 Klits die eierwitte en suiker saam in ’n mengbak tot dit stywe punte vorm. Hou eenkant. Gebruik ’n vurk en krummel die ricotta rofweg in ’n ander mengbak. Voeg die melk, eiergele, suurlemoenskil en kruie by; klits tot gemeng. Vou dan die eierwitte, meel en bloubessies daarby in tot net gemeng.
2 Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte tot net warm en braai lepels vol van die beslag versigtig tot goudbruin alkant. Maak seker die binnekant is deurgaar voor die buitekant te donker raak. Sit voor met heuning en ekstra bessies en kruie vir die mooi.