Borrie-tamaryn-en-jogurtsosaties met suurlemoen

akkreditasie
Foto: Ed O'Riley
Foto: Ed O'Riley
Bereidingstyd: 25 min. + marineer
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 25 minute
Bestanddele
  • 18 - hoenderdyfilette
  • 1–2 - suurlemoene, in wiggies gesny
  • - ’n paar suurlemoenblare
  • - MARINADE
  • 1 - klein groen appel, geskil en gerasper
  • 1 cm - elk cayennepeper, komyn en koljander
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en fyngerasper
  • 2 cm - vars borriewortel, geskil en fyngerasper
  • 1 - knoffelhuisie, fyngerasper
  • 30 ml - tamarynpasta
  • 1 - groen brandrissie, ontpit en gekap
  • - ’n knippie witsuiker
  • 125 ml - ongegeurde jogurt
Metode
Dié soet-suur sosaties smaak na meer!

1 Meng al die marinadebestanddele en meng dit dan goed deur die hoender. Skep in ’n glasbak, bedek en marineer in die yskas vir ’n uur of twee, maar verkieslik oornag.

Geur die hoenderstukke met sout en peper en ryg op 6 sosatiestokkies saam met ’n paar suurlemoenwiggies en -blare vir die mooi. Onthou om houtstokkies vooraf in water te week anders kan dit vlam vat tydens die gaarmaakproses.

Voorverhit die oond (180°C). Verhit ook ’n gietyster-riffelpan tot lekker warm en braai die sosaties daarin tot dit ’n mooi kleur kry en geurige bruin lyntjies maak. Sit dan die pan met sosaties in die oond en bak vir nog 15 minute of tot die hoender deurgaar is. As jy nie ’n riffelpan het nie, kan jy die sosaties in ’n gewone pan braai en in ’n oondpan klaar bak; of braai oor matige kole tot gaar.

HOEKOM DYFILETTE EN NIE BORSIES NIE?
’n Hoenderdy, nes ’n hoender- boudjie, is ’n ryker snit met donker vleis, terwyl ’n borsie maer is en vinnig droog kan word as dit te lank gemarineer of gaargemaak word. Die dy is veral ’n beter keuse as jy diesosaties oor die kole gaanbraai en ’n sappige resultaat wil hê.


Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees