Botterboon-en-mielieslaai met ’n korrelmosterd-slaaisous

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • 3 - heel mielies, in 2,5 cm-stukke gesny
  • 30 ml - olyfolie
  • 15 ml - witwynasyn
  • 15 ml - vars suurlemoensap
  • 10 ml - korrelrige mosterd
  • 3 - hande vol vars bronkors
  • 2 - groot murgpampoentjies, in repe geskil met ’n aartappelskiller
  • 1 - geel soetrissie, in julienne-repies gesny
  • 1 - blik botterbone, gedreineer en afgespoel
Metode
Wat ’n verrassende kombinasie!

1. Kook die mielies in ’n klein bietjie water in ’n groot kastrol vir sowat 5 minute of tot dit gaar is. Dreineer en laat dit afkoel.

2. Maak die slaaisous Meng die olyfolie, asyn, suurlemoensap en mosterd saam in ’n klein flessie. Geur dit na smaak met sout en swartpeper, en skud dit tot alles gemeng is.

3. Rangskik die bronkors, murgpampoentjierepe, soetrissierepe, botterbone en mielies op ’n slaaibord en drup die slaaisous oor. Sit dit dadelik voor.

Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees