Botterskorsie-en-sjokoladebrood

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 1 lang brood
Gaarmaaktyd: 1 uur
Bestanddele
  • 10 ml - kaneel
  • 180 g - botter, sag
  • 280 g (500 ml) - meel
  • 3 ml - bakpoeier
  • 2 - eiers
  • 375 ml - suiker (sowat 300g)
  • 5 ml - koeksoda
  • 'n knippie - sout
  • 500 g - botterskorsie- of pampoenblokkies (rou geweeg, voor dit vrieskas toe is), ontdooi
  • 80 g (1 plak) - donkersjokolade, gekap
Metode
Dié brood is ’n heerlike teetydbederf.

1 Sit die botterskorsie of pampoen in ’n kastrol, bedek met water en kook tot gaar. Dreineer en verhit die gaar pampoen weer terwyl jy dit roer sodat enige oortollige water kan wegkook. Dit sorg dat die uiteindelike moes nie waterig is nie. Maak fyn en laat afkoel.

2 Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die botter en suiker saam in ’n mengbak tot lig van kleur. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Skep die pampoenmoes en sjokoladesplinters by en sif die droë bestanddele bo-op die mengsel in die mengbak. Neem nou ’n spatel en meng alles in ’n invou-aksie saam tot ’n beslag.

3 Voer ’n langwerpige broodpan uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Skep die beslag in die pan, smeer die bokant gelyk en bak in die middel van die oond vir sowat 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom. Afhangend van die voginhoud van die pampoen in die beslag kan die brood nog 5–10 minute nodig hê om deur te bak. Keer die gaar brood uit op ’n draadrak en laat afkoel.

Wenk: Die gaar broodjie kan ook vir tot 2 maande gevries word. Dit maak die allerlekkerste roosterbrood.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees