book-icon Uitgawe Mei 2018
Deel

Botterskorsie-en-uietertjies

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 1 uur
Bestanddele
  • 1 - mediumgroot botterskorsie
  • 2 - uie, in 1 cm dik skywe gesny
  • 30 ml - olyfolie
  • - neutmuskaat
  • 4 - takkies tiemie
  • 250 g - spekstukkies, brosgebraai
  • 3 - eiers
  • 250 ml - room
  • 400 g - blaardeeg, ontvries
  • - romerige bloukaas (opsioneel)
Metode
’n Klassieke kombinasie wat vir my soos die herfs proe.

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Skil die botterskorsie en sny in happiegroot blokkies. Sit dit saam met die uieskywe op ’n bakplaat, bedruip met die olie en geur met sout en peper en die neutmuskaat en tiemie. Bak vir sowat 30 minute of tot gaar met swart puntjies oraloor.

2. Rol intussen die deeg oop op ’n skoon werkoppervlak en sny dit in 6 blokke. Voer 6 tertpannetjies of holtes van ’n reusemuffinpan daarmee uit sodat die hoekies oorhang, en prik met ’n vurk. Plaas ’n vel bakpapier op die bodem van elke doppie en bedek met ’n laag droë boontjies. Bak nou die doppies blind vir sowat 15 minute. Haal die papier en boontjies uit en bak vir nog 5 minute.

3. Verdeel die gaar groente en die spekstukkies tussen die tertdoppies. Klits die eiers en room saam, geur met sout en peper en giet versigtig oor die groente in die deegdoppies. Maak seker dat die vla nie onder die deeg inloop nie. Bak nou vir sowat 25 minute of tot net gaar. Smul terwyl dit nog warm is, met of sonder gekrummelde bloukaas vir ekstra oemf!

Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees