book-icon Uitgawe Desember l Januarie 2021

“Braaibroodjie”-calzones

akkreditasie

1 Voorverhit die pizza-oond deur ’n klein vuur agterin of teen die kant te maak; voeg hout by soos nodig om die vuurtjie net-net aan die gang te hou en gee kans dat die oond die regte temperatuur bereik*.

2 Verdeel die deeg in 6 ewe groot dele en werk op ’n meelbestrooide oppervlak. Rol elke stuk deeg in ’n dun sirkel; smeer ’n dun lagie blatjang oor die middel, rangskik op een helfte twee skywe tamatie (geur met sout en peper), gevolg deur ’n paar skyfies ui en laaste ’n handjie vol kaas. Vou toe in ’n halfmaanvorm. Seël die calzone deur die onderste lip effens bo-oor die boonste te vou en dit vas te knyp. Gebruik genoeg meel om te keer dat die pasteie aan die oppervlak vassit en skeur, maar nie soveel dat die deeg te min klou het vir uitrol nie.

3 Maak met ’n skerp mes twee diagonale insnydings in die bokant van die pastei. Sit ’n dik strooisel meel op jou spaan voor jy die calzone optel en in die oond skuif, oorkant die vuur. Bak vir sowat 4 minute totdat die bodem sy vorm hou; draai die pastei dan 180° met die spaan en bak nog 4 minute. Hou maar dop, dis steeds ’n vinnige proses en baktyd sal afhang van hoe warm jou oond is. Sodra die vulsel borrel, is dit gewoonlik reg. Sit warm uit die oond voor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees