Bronkors-steurgarnaal-en-ricotta-tert

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 45 minute
Porsies: 1 x 30 cm-tert
Gaarmaaktyd: 35-45 minute
Bestanddele
  • 250 g - gaar steurgarnale, skoongemaak, doppe verwyder
  • 60 ml - koue water
  • 250 g - ricotta-kaas
  • 3 ml - suurlemoensap
  • 4 - ekstragroot eiers
  • 250 ml (140 g) - koekmeel
  • 250 g - roomkaas
  • 50 ml - room
  • 1 ml - sout
  • - sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 g - bronkors
  • 60 g - koue botter, in blokkies gesny
Metode
Dit bly ’n staatmaker. Die ertjie-quiche is ’n sakpas-alternatief.


1 Berei broskorsdeeg Sif die koekmeel en sout saam in ’n mengbak. Voeg die koue botterblokkies by en vryf die botter met die vingerpunte in die meel in. Dit sal geleidelik soos broodkrummels begin lyk. Meng die water en suurlemoensap en voeg dit by die droë bestanddele. Voeg eers net twee derdes daarvan by en dan, as dit nodig is, geleidelik meer. Meng dit tot ’n stywe deeg en knie tot gemeng. Bedek die deeg met kleefplastiek en plaas dit vir sowat 1 uur in die yskas. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervak uit tot sowat 3 mm dik en voer ’n losboom- quichepan daarmee uit. Prik die bodem met ’n vurk en bak die tertdop blind vir sowat 10 minute.


2 Berei vulsel Meng die bronkors, ricotta, roomkaas, room, eiers en geurmiddels in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg meer room by indien dit te styf is. Giet die mengsel in die voorbereide kors.

3 Rangskik die garnale bo-op en bak vir sowat 35-45 minute of tot die vulsel gestol en die tert goudbruin is. Laat effens afkoel en sny in skywe.

Wynvoorstel Die tert is heerlik, maar baie ryk. Kies ’n vars witwyn soos sauvignon of chenin blanc om jou palet te verfris. 





Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees