
- 8 - snye growwe bruin- of saadbrood
- - smeersagte botter
- - Dijonmosterd
- 8 - dun (of 4 dikker) skyfies rokerige ham
- 200 g - wit beleë cheddar (of gruyère), gerasper
- - WITSOUS
- 30 ml - botter
- 45 ml - meel
- 375 ml - warm melk
- 2 - lourierblare
- - varsgerasperde neutmuskaat
- 30 ml - korrelmosterd
1. Maak die witsous Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by; braai tot ligbruin en skuimerig. Haal die pot van die hitte af en klits die melk geleidelik by – so keer jy dat klonte vorm. Sit terug op die hitte en voeg die lourierblare, neut en mosterd by, sowel as genoeg sout en varsgemaalde swartpeper. Roer oor matige hitte totdat die sous borrel en dit dik en gaar is. Verwyder van die hitte.
2. Voorverhit die oond tot 200 °C. Rooster die brood en smeer dik met botter en Dijonmosterd. Verdeel die ham en twee derdes van die kaas tussen die broodjies. Bedek met die ander snye brood en die res van die kaas. Pak op ’n bakplaat en giet nou die sous oor. Bak totdat die sous goudbruin is en die kaas gesmelt is (sowat 15 minute). Smul dadelik terwyl die kaas nog warm en draderig is.