Deli-‘sliders’ (happiegroot burgers)

akkreditasie
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 15–20 min.
Bestanddele
  • 500 g - lamsmaalvleis
  • 1 - eier
  • 100 g - olywe, ontpit en gekap
  • 1 - sirkel fetakaas, gekrummel
  • 3 ml - rissievlokkies
  • - ’n knippie elk ment, komyn en koljander
  • 30 ml - gekapte platblaarpietersielie
  • 250 ml - vars broodkrummels
  • 12 - hamburgerrolletjies (vas aan mekaar)
  • - hoemoes
  • - tamatieskyfies
  • - bros slaaiblare
Metode
Suzelle DIY het ons aan die´ “plaatburger” bekendgestel – vinnig en maklik!

1. Meng die maalvleis met die eier, olywe, feta, geurmiddels en broodkrummels, en geur ook met sout en peper. Skep die vleismengsel in ’n diep bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en druk eweredig plat. Prik die vleis met ’n vurk en rooster dit in ’n voorverhitte oond teen 220 °C tot goudbruin en net-net gaar (sowat 15 minute). Jy kan ook die roosterelement gebruik, maar pasop dat die vleis nie brand nie. As jy van jou burger pienk hou, rooster dit korter. Giet enige sous wat in die plaat vorm, af.

2. Sny nou die hamburgerrolletjies oop terwyl hulle steeds vas aan mekaar is. Smeer ’n laag hoemoes op die onderste helfte, gevolg deur ’n lagie bros blare, en sit dan die hele plaatburger bo-op. Rond af met tamatie en die boonste broodjies voor jy die lot in kleiner burgers sny. 

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees