Drie-bestanddeel-katjiebotterkoekies

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: sowat 24
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 260 g - katjiebotter*
  • 1 - eier, geklits
  • 200 g - suiker
Metode
’n Koekie met net drie bestanddele? Sien is glo!

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Kry jou kombuisskaal en weeg die katjiebotter af in ’n mengbak. Voeg die suiker en eier by en meng met ’n houtlepel tot glad. Rol teelepels vol van die deeg in balletjies en rangskik op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk elke balletjie versigtig platter met ’n vurk sodat dit lyntjies op die bokant vorm. 

2 Bak vir 10–12 minute. Die happies sal nog effens sag voel. Laat eers ’n bietjie afkoel en plaas dan versigtig op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel. Heerlik! 

* Die bynaam “katjiebotter” vir grondboontjiebotter verwys na die swart kat op een van die bekende etikette.

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees