Enchiladas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Strooi vars koljander oor en bedien heerlik warm!

Genoeg vir 6 tortillas

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Oondtemperatuur: rooster

  • 5 ml olyfolie
  • 450 g maalvleis
  • 1 blik matige chakalaka
  • 6 meeltortillas
  • 250 ml suurroom
  • 250 ml gerasperde mozzarellakaas
  • vars koljander

1. Verhit ’n pan tot lekker warm en braai die maalvleis in die olie tot bruin; breek die vleis deurgaans met ’n spaan op. Voeg die chakalaka by en verhit tot deurwarm. Proe vir sout.

2. Verdeel die vulsel tussen die tortillas, rol op en sit dit in ’n oondbak. Skep die suurroom bo-oor (verhit die room om dit loperig te maak of verdun met ’n bietjie kookwater), strooi die kaas oor en sit die bak onder ’n verhitte roosterelement tot die kaas borrel. Strooi die vars koljander oor en sit heerlik warm voor!

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees