book-icon Uitgawe Februarie 2018

Framboosslaaisous

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd:
Porsies:
Gaarmaaktyd:
Bestanddele
  • 200 g - ryp frambose
  • 30 ml - strooisuiker
  • 1 - fyngekapte brandrissie
  • 3 - gekapte sprietuie
  • - ’n strooisel tiemie, sout en peper
  • 60 ml - asyn
  • 125 ml - goeie olyfolie
Metode
’n Lekker manier om vars bessies in slaai te gebruik.

Bereidingstyd: 25 minute plus staantyd

Gebruik ’n vurk en kneus die ryp frambose, strooisuiker en ’n fyngekapte brandrissie saam. Roer dan gekapte sprietuie, ’n strooisel tiemie en sout en peper na smaak by. Roer die asyn by en laat staan vir minstens 2 uur. Klits laastens goeie olyfolie by. Heerlik oor ’n vars slaai van bronkors, avokado, steurgarnale, pomelo en pekanneute. Of eksperimenteer met gerookte hoender, bokkaas en roket. 

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees