Deel

Frittata met hoender, feta en geroosterde botterskorsie

akkreditasie
Francois Oberholster
Daar is niks beter om die pad korter te maak of om sommer net langs 'n rivier onder 'n wilgerboom te gaan ontspan nie.

Genoeg vir: 12
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 15-20 minute vir frittata

  • 500 g botterskorsie, geskil, in klein blokkies gesny
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 eiers
  • 250 ml room
  • 80 ml parmesaankaas, gerasper
  • 400 g gaar hoenderborsfilette (of gebruik enige oorskiethoender), gevlok
  • 200 g fetakaas, gekrummel

1. Voorverhit die oond. Plaas die botterskorsie, olyfolie en sout en swartpeper in 'n mengbak en meng deur tot oraloor bedek. Sprei die botterskorsie uit op 'n bakplaat en oondrooster vir sowat 15 minute of tot goudbruin en gaar.

2. Klits die eiers, room, parmesaankaas en sout en swartpeper na smaak saam.

3. Smeer 'n muffinpan en plaas die botterskorsieblokkies, hoender en fetakaas in die holtes van die muffinpan. Giet die eiermengsel oor en bak vir sowat 15-20 minute of tot goudbruin en gestol.

Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees