Gebakte hoender-korma met rys en gekaramelliseerde uie

akkreditasie
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4-6
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 250 ml - basmati-rys
  • 1 - blik bruin lensies, gedreineer
  • 5 ml - komyn
  • 60 ml - olyfolie
  • 8 - hoenderdye
  • - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 45 ml - olyfolie (ekstra)
  • 4-5 - uie, in ringe gesny
  • 1 - pakkie Tastic Chicken Korma Curry Cook-in Sauce
Metode
Die ideale eenskottelgereg om vir die hele gesin voor te sit. Sodra jy dit in die oond het, kan jy agteroor sit en ontspan totdat die kos gereed is.

Oondtemperatuur: 180°C

1 Kook die rys in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en spoel af. Roer die lensies en komyn by en hou eenkant.

2 Verhit 60 ml olyfolie en braai die hoenderdye tot goudbruin oraloor. Geur met sout en swartpeper. Hou eenkant.

3 Verhit die ekstra olyfolie in dieselfde braaipan en braai die uieringe tot goudbruin en gekaramelliseer.

4 Skep die hoenderdye onderin ’n gesmeerde oondkasserol en giet die pakkie Cook-in Sauce daaroor. Skep die rys-en-lensiemengsel bo-op, gevolg deur die uieringe. Sit dit in die oond vir sowat 40 minute.

Sit dit voor met geurige rys, poppadums en ’n sambal of twee.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees