1. Verwyder die dop, maar behou die kop en stertjie van die steurgarnale. Haal die derm uit en druk die geweekte stokkies van die kop tot die stert deur die steurgarnale.
2. Vir die gremolata, meng die suurlemoensap en -skil, knoffel, pietersielie en olyfolie. Giet dit oor die steurgarnale en marineer vir 10 minute.
3. Pak die steurgarnale in ’n toeklaprooster. Braai tot pienk en goudbruin terwyl jy deurentyd met die gremolata smeer. Geur met sout en swartpeper en sit voor.