book-icon Uitgawe Oktober 2020

Geroosterde hoender met soja en mirin

akkreditasie

Mirin kan vervang word met ryswynasyn, wat ook soetsuur is – dokter dit net met ’n knippie suiker. Terloops, sou jy met Shaoxing-kookwyn wil eksperimenteer, hou in gedagte dat dit gewoonlik sout bevat om dit as kruiery op die winkelrak aan te bied – wat beteken dit moet versigtig saam met ander sout bestanddele soos soja gebruik word.

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak seker die hoender is mooi skoon en droog en vryf dit oraloor met ’n knippie sout, peper en olyfolie. Druk nou die sprietuie, knoffel, gemmer en suurlemoen in die maagholte, bind die boudjies vas (as jy wil) en sit die hoender met die borskant na bo op ’n draadrakkie in ’n roosterpan. Giet sowat 200 ml water onderin die pan (sien wenk), maak seker die water raak nie aan die hoender nie en rooster vir 45 minute.

2 Klits die sojasous, mirin en sesamolie saam. Haal die hoender uit die oond en verf oraloor met die sousie. Bak nog 15 minute. Verf weer oraloor en bak weer vir 15 minute tot heerlik goudbruin en gaar. Laat die kiepie dan ’n paar minute rus.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees