Geroosterde varkboud met bier

Genoeg vir:

Bereidingstyd: 45 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur en 30 minute, plus afkoeltyd

Oondtemperatuur: 160 °C

• varkboud (sowat 2 kg), ontbeen (jy kan ook varkblad gebruik)

• 1 liter bier (komaan, ondersteun plaaslik!)

• 8 heel peperkorrels

• 2 lourierblare

• 2 naeltjies

• 3 groot uie, geskil, in 1 cm-skywe gesny

GLASEERSEL

• 100 ml van die kookvloeistof

• 60 ml appelkoos- of perskesnipperkonfyt

• 10–20 ml Dijonmosterd (of na smaak)

1 Sit die vark, bier en geurmiddels knus in ’n pot, bring tot kookpunt en laat prut vir 30 minute. Laat die vark afkoel in die bier.

2 Haal die vark uit die kookvloeistof en sny die vel en ergste vet af. Sny dan die oorblywende vet in ’n diamantpatroon. Smeer ’n oondroosterpan met olyfolie en pak die uie daarin; sit die vark bo-op. Bedek met foelie en bak vir 40 minute. Verhoog die oondtemperatuur na 180 °C.

3 Klits die bestanddele vir die glaseersel saam. Verf die helfte oor die boud en bak onbedek vir nog 20 minute. Haal uit die oond en verf die res van die glaseersel oor; bak vir nog 20 minute. Hou dop dat die boud nie brand nie.

WENK As dit lyk of die sous gaan aanbrand, gooi ’n bietjie ekstra kookvloeistof in die oondroosterpan.


Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees