book-icon Uitgawe September 2021

Geskroeide tuna met kruiesous

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

1 Maak die sous Sit die kruie, knoffel, asyn en suurlemoensap in ’n maatbeker en pols met ’n staafmenger. Klam aan met soveel olyfolie soos verkies. Meng die ui en die brandrissie en geur met seesoutvlokkies en swartpeper na smaak. Jy kan ook doodeenvoudig al die bestanddele saam verwerk, maar ek verkies die effens growwer tekstuur. Proe, en voeg ekstra asyn, sitrus of brandrissie by indien nodig. Dit moet ’n lewendige suurlemoenskop hê. Skep in ’n bakkie en hou eenkant.

2 Vryf die tuna oraloor met sesamolie en geur liggies met sout en peper. Wenk As jy een groot, dik tunasteak het, sny dit eers met ’n skerp mes in 3 cm breë stukke sodat dit reg rondom kan skroei voor jy dit in eweredige blokkies sny vir opdiening. Dis net makliker om die verhouding geskroeide buitelaag tot sagte binneste te oordeel op ’n kleiner stuk vis.

3 Verhit ’n dikboompan tot warm. Sit die vis in die pan en skroei die eerste sy vir ’n minuut of twee; draai op die volgende sy en skroei dié vir dieselfde hoeveelheid tyd. Herhaal tot al die sye mooi goudbruin gebraai is terwyl die binnekant nog pienk is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees