
- 1 - rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
- 15 ml - gekapte grasui
- 3 - sprietuie, fyngekap
- 1 - duimgroot stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
- - jasmynrys
- 125 ml - droë broodkrummels
- 15 ml - sesamsaad
- 1 - rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
- 120 ml - teriyaki-sous
- 2 - sprietuie, fyngekap
- 5 ml - vissous
- 5 ml - olie
- - Glaseersel
- - Vir voorsit
- 1 - ekstragroot eier
- 500 ml - varkmaalvleis
- - groenteroerbraai
1. Meng al die bestanddele vir die frikkadelle saam en rol dit dan in sowat 35 klein frikkadelle. Pak op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 25 minute. Laat effens afkoel.
2. Maak die glaseersel Verhit die olie in ’n groot pan en braai die sprietuie, brandrissie en sesamsaad vir ’n minuut saam. Voeg die teriyaki-sous by en verhit tot deurwarm.
3. Skep nou die frikkadelle in die sous en roerbraai tot klewerig. Doen dit in sarsies as die pan te klein is vir al die frikkadelle op een slag. Sit voor op gestoomde jasmynrys met roerbraai-groente soos kool, eiervrugrepies, sampioene en spinasie. Hou die sojasous en lemmetjiewiggies byderhand.