Grenadellablokkies

akkreditasie
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 23 x 23cm-koek
Gaarmaaktyd: 45 minute
Bestanddele
  • 100 g - botter
  • 50 ml - ligte bruinsuiker
  • 1 - ekstragroot eier
  • 250 ml - meel
  • 5 ml - bakpoeier
  • 180 ml - amandelmeel
  • 45 ml - klappermelk
  • - BOLAAG
  • 150 g - botter
  • 200 ml - bruinsuiker
  • 50 ml - heuning
  • 30 ml - grenadellapulp
  • 1 - ekstragroot eier
  • 100 ml - roomkaas
  • 5 ml - vanieljegeursel
  • 200 g - frambose
  • - versiersuiker vir garnering
Metode
Dié heerlike blokkies moet nog effens fudgy aan die binnekant wees.

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n vierkantige koekpan van 23 x 23 cm met bakpapier uit. Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits tot gemeng. Voeg die meel, bakpoeier, amandelmeel en klappermelk by en klits tot net gemeng. Smeer die beslag onder in die voorbereide pan.

2. Vir die bolaag Klits die botter, suiker en heuning saam tot goed gemeng. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die frambose, by en klits tot net gemeng. Skep lepels vol bo-op die onderlaag en smeer gelyk. Strooi die helfte van die bessies oor en bak vir 40–45 minute tot die bokant mooi bruin is om die rande. Laat heeltemal afkoel en sny in blokkies. Strooi die ekstra frambose oor en sif ’n bietjie versiersuiker oor.

Tuille-skoenlappers rond die prentjie pragtig af. Kyk hier hou ons hulle gemaak het: 


Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees