
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 16 koekies
Gaarmaaktyd: 12–15 min.
Bestanddele
- 3 ml - koeksoda
- 80 g - gladde grondboontjiebotter
- 200 g - gemengde sjokolade- en karamelsplinters
- 200g (250ml) - sagte bruinsuiker
- 5 ml - vanieljegeursel
- 100 g - sout grondboontjies, gekap
- 100 g - botter, gesmelt
- 250g (445ml) - meel
- 2 - eiers
Metode
Maak groot koekies – dit verseker ’n lekker klewerige binneste.
Oondtemperatuur: 180 °C
Voorverhit die oond. Klits die botter, grondboontjiebotter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig. Klits nou die eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging. Sif die meel en koeksoda saam en meng dit saam met die sjokolade- en karamelsplinters en die grondboontjies by die bottermengsel in tot ’n hanteerbare deeg. Skep roomyslepels vol deeg op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is, druk effens plat en bak vir 12–15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat die koekies vir sowat 5 minute op die bakplate staan voor jy hulle op afkoelrakkies pak om heeltemal af te koel.