book-icon Uitgawe Werf 2018

Heel gepreserveerde tamaties

akkreditasie

1 Sny ’n kruisie deur die skil aan die onderkant van 1 kg ryp tamaties. Giet kookwater oor die tamaties en laat staan vir  1 minuut. Dreineer en laat afkoel. Trek die tamaties se skilletjies af.

2 Pak die tamaties in skoon, gesteriliseerde flesse en druk ’n knoffelhuisie en ’n paar basiliekruidblare saam met die tamaties in elke fles. Pak die flesse so vol as wat jy kan en draai die deksels op.

3 Plaas die flesse langs mekaar in ’n groot kastrol en bedek heeltemal met water. Sit die deksel op en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 20 minute. Haal dan die kastrol van die plaat af, maar laat die flesse net so in die water staan totdat dit heeltemal afgekoel het. Maak seker daar het ’n vakuum onder die deksels gevorm. Bewaar die flesse tamaties op ’n koel, donker plek. Die sap behoort die inhoud omtrent heeltemal te bedek. Die tamaties sal vir ’n hele paar maande goed bly, maar bêre dit in die yskas sodra dit oopgemaak is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees