Hoender-en-papawersaadslaai

akkreditasie
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 2
Gaarmaaktyd: 5 minute
Bestanddele
  • 400 g - mini-hoenderfilette
  • 15 ml - olyfolie
  • 100 g - gemengde babaspinasie, bronkors en roket
  • 1 - selderystingel, gekap
  • ½ - rooi ui, fyngekap
  • - SOUS
  • 125 ml - mayonnaise (Franse styl)
  • 60 ml - melk
  • 5 ml - bruinsuiker
  • 45 ml - appelasyn
  • 5 ml - Dijonmosterd
  • 15 ml - papawersaad
Metode
Dié slaai is ook ’n lekker manier om oorskiet-braaihoender te gebruik. Jy kan die slaai aanvul met enige vars bestanddele soos komkommer, radyse, dungesnyde appelskyfies?...

1 Klits al die bestanddele vir die sousie saam en geur na smaak met sout en peper. 

2 Meng die hoender met die olyfolie en geur met sout en peper. Verhit ’n dikboompan tot lekker warm en braai die hoender tot oraloor goudbruin. Probeer om die vleis eers goed te braai aan die een kant voor jy begin roer. Laat effens afkoel. 

3 Sny of skeur die gaar hoender in kleiner happies en meng die slaaisous daardeur; voeg enige pansappe ook by. Meng nou die blare, seldery en ui en voeg laaste die romerige hoender by. Meng liggies deur en sit dadelik voor.

Wenk Geroosterde amandelsplinters is ’n opsionele ekstra.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees