1 Verhit die olie en braai die komyn, gemmer, knoffel en rissie saam tot geurig. Voeg ’n knippie sout by. Voeg dan die hoender by en braai tot lekker bruin (sowat 10 minute). Roer die asyn en aartappels by en kook nog 5 minute saam. Die vleis en aartappels absorbeer die geure heerlik.
2 Strooi die garam masala en die uievlokkies by en laat prut vir nog sowat 10–15 minute oor lae hitte met die deksel op totdat die hoender gaar is.
3 Stoom of roerbraai die groente tot gaar, maar nog bros. Strooi die koljander oor die hoender en geniet met die groente, rys en roti’s.