book-icon Uitgawe September 2021

Hoender met suurlemoen, ansjovis en olywe

akkreditasie
Hoender met suurlemoen, ansjovis en olywe
Hoender met suurlemoen, ansjovis en olywe
Ed O'Riley

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny met ’n skerp mes drie diep kepe deur die vel in elke hoenderstuk. Meng die botter met die helfte van die olywe, die ansjovis, suurlemoensap en -skil, knoffel en kruie. Vryf nou die geurige botter oraloor die hoenderstukke, in die kepe en onder die vel in. Rangskik die gebotterde hoender in ’n oondvaste bak, bedek en rooster vir 30 minute.

2 Bedruip die hoender met die pansous en bak dan oop vir nog 20 minute tot oraloor goudbruin en gaar.

3 Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pakkie in soutwater tot dit dryf en skep uit met ’n gaatjieslepel. Meng die gnocchi deur die geurige pansappe sodra die hoender uit die oond kom, strooi die res van die olywe oor, proe vir sout en peper en sit voor met parmesaanskaafsels en, as jy wil, ekstra kruie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees